Skrywer van romantiese fiksie.

Woensdag 22 November 2023

'n Nuwe reeks skop af: Die mense van ’n dorpie op die platteland in die Bosveld.

Boek 1: ’n Bruid voor Kersfees (Desember 2023)
Marli Botes is gelukkig soos sy is; ’n weduwee met drie volwasse kinders. Haar buurvrou reken egter dat enige veel jonger vrou sal sukkel om by haar kers vas te hou en voorspel dat die argitek wat haar huis gaan restoureer meer as net haar huis nog voor Kersfees gaan 'regsien'. Is Wickus dan nie die man wat op skool reeds haar hart gesteel het nie? Boek 2: Die dokter langsaan (Februarie 2024)
Bea Botes en haar twee beste vriendinne is pas klaar studeer, maar kan nêrens werk kry nie. Hulle besluit om saam ’n Boek- en Koffiewinkel in Bea se ma se ou huis te begin. Die huis langsaan is verkoop aan niemand anders as Dr Luke Roux, wat Bea reeds op kampus raakgesien het nie. Hy is ’n gepoleerde rykmanskind en sy het geen ooghare vir diesulkes wat op hul ouers se rykdomme staatmaak om iets te bereik nie. Kan hy homself aan haar bewys?
Boek 3: Liefde kan roes. (Julie 2024) Schalk Botes keer terug van Nieu Seeland nadat hy saam met sy verloofde soontoe geëmigreer het vier jaar gelede. Met sy verlowing nou van die baan sweer hy nooit weer nie, maar sy stiefsussie Karien het al die jare sedert sy in matriek was ’n crush op hom en weier om te aanvaar dat hy nooit weer iemand sal liefhê nie. Kan sy sy hart wen? Boek 4: Eerste keuse. (Oktober 2024) Jaco Botes is sy ma se sensitiewe seun, maar hy het as prokureur in die harde korporatiewe wêreld sukses behaal en weet hoe om op sy regte te staan. Mia Roux, Luke se tweelingsussie, laat klim sy mouter se rewolusies hemelhoog. Sy is gesofistikeerd en effens hovaardig, maar hy sien haar weerlose kant raak en bring die pretliefhebber in haar na vore. Is hulle bedoel om saam te wees?