Skrywer van romantiese fiksie.

Omnibusse

Wilde hawer is die trilogie oor die drie kinders, in een jaar gebore,  van een pa by drie verskillende vroue. Die reeks handel oor hoe die keuses wat hul ouers gemaak het hul lewe beïnvloed het.

1. Om Ben lief te hê is die storie van Leah wat lank moes wag vir haar Ben, nes Leah in die Bybel vir haar Jakob moes wag.

2. Om Dirk te tem is die storie van Dirk, Leah se halfbroer, wat na ’n vliegongeluk maandelange terapie moes kry en die fisioterapeut wat dit as ’n geleentheid gesien het om wraak te neem op hom omdat sy oortuig was hy is die man wat haar hartsvriendin se lewe verwoes het.

3. Om Kobus te ken is die storie van Leah se ander halfbroer wat ontdek hy is die pa van die oulike seun wat sy hart totaal en al steel.



Hartewens is die stories van die mense van die Fraschhoekvallei,

1. In onwelkome geskenk baklei Marile Cronje hard teen die nalatenskap van haar familie wat soos ’n meulsteen om haar nek hang. Haar oupa trek haar 'n streep en stuur vir haar 'n "geskenk" in die vorm van ’n man met ’n strik om sy nek.

2. Handomkeer is die verhaal van Bea, 'n vroulike wynmaker wat haar pad oopveg in die manswêreld van die wynindustrie. Die keldermeester van Le Fleur war sy gaan werk, maak dit vir haar nie maklik nie. Boonop het sy daar kom werk met ’n verskuilde agenda ...

3. Gerard Retief breek vroueharte sover as wat hy gaan, maar hy hou vol hy aard nie na sy pa wat dieselfde gedoen het nie. Die rooikop Janneli, die nuwe bestuurder van die gastehuis, is uitgesproke oor sy reputasie en hy neem hom voor hare is die een hart wat hy wel gaan verower.

Hartsbegeerte volg op Hartewens en vertel die stories van die res van die Retiefs van Le Fleur. Die probleem is net, hulle is nie eintlik Retiefs nie.

1. In terug na jou moet Mercia die moeilike keuse maak om die mans in haar lewe in te lig dat sy hulle vir ’n kwarteeu onder ’n wanindruk gelaat het. Sal haar vier seuns en veral Ettienne Malan, die pa van twee van haar seuns,  haar ooit kan vergewe?

2. Lourens vind uit hy is nie ’n Retief soos hy sy lewe lank gedink het nie en sukkel om dit te verwerk. Terselfdertyd open die mooie Melani ’n bakkery langs die praktyk wat hy en sy pa en broer deel. Sy verlei sy sinne en steel sy hart, nie net met haar heerlike gebak nie, maar ook met haar warm persoonlikheid.

3. Zoë ontdek dat die aantreklike Meyer wat sy as die strooimeisie by haar beste vriendin se troue ontmoet het, moontlik meer kan wees as net ’n nuwe kennis. Is hy dalk haar halfbroer, of iets heel anders?

2 opmerkings:

  1. Die Hartewens omnibus is ongetwyfeld my gunsteling Romanza omnibus tot dusvêr. Uitstekend - mal daaroor!

    AntwoordVee uit
  2. Baie dankie!! Hartsbegeerte volg op Hartewens. Kry hom gerus ook as jy meer van die Retiefs wil lees.

    AntwoordVee uit