Skrywer van romantiese fiksie.

Kontemporêre romanses

Die held reeks: Hierdie romanses is almal reeds uit druk uit, maar wel as e-boeke beskikbaar op alle platforms waar LAPA e-boeke versprei, hoofsaaklik by hulle eie webwerf en op Amazon.
1. Held in ’n oorpak: Zack werk in ’n oorpak. Hy is nie ’n arbeider nie, nee, hy is ’n beeldhouer van formaat. Hy bou beelde van diere uit ou plaasimplemente. Hy herbou ook ’n ou huis wat hy omskep in ’n kunsgalery. Sy ou skoolmaat, Hanno, se sagte hart kan dit nie verduur dat sy vriendin Emma so swaar kry toe sy haar werk verloor nie. Hy oortuig Zack dat hy ’n assistent benodig en reël ook sommer dat sy in een van die klein woonstelletjies op Zack se erf intrek. Sy dryf Zack teen die mure uit, want sy organiseer hom en sy huis sodat dit vir hom voel sy is die baas en hy is Klaas! Boonop doen sy dinge aan hom wat hy nooit verwag het nie...
2. Held in ’n voorskoot: Kate is al jare verlief op die stem van haar gunsteling aanbieder van ’n klassieke musiekprogram. Hy is nie net ’n musiekkenner nie, maar wanneer hy sy bloedrooi voorskoot aantrek, is hy ook uiters bedrewe in sy ouers se restaurant se kombuis. Kate kom woon by haar suster Emma en Zack en daar ontmoet sy toe sowaar haar held in lewende lywe. Ron is egter 'n alleenloper en geen vrou gaan sy lewe omver kom gooi nie. Kate het egter ander planne vir hom ...
3. Held in ’n aandpak. Hierdie kortverhaal was in Vrouekeur gepubliseer en verskyn as Romanzaliefde e-boek saam met die novelle, Soos hout en konfetti van Jacolet van den Berg. Dis die verhaal van Ron, Cliff en Riëtte se ma, Liana. Sy ontmoet weer na baie jare haar jeugliefde, die musiekdosent en dirigent van ’n simfonie orkes. Hulle besef gou dat daar steeds ’n baie spesiale iets tussen hulle bestaan, maar kan hulle die verlede vergewe en vergeet?
4. Held in blou jeans. Riëtte is glad nie beïndruk met haar ma se nuwe vennoot, die argitek, Brett le Grange, nie. Sy vertrou nie hierdie man nie – hy het sweerlik ’n verskuilde agenda. Maar hy laat gewone blou jeans en ’n T-hemp soos ontwerpersklere lyk en laat haar hart telkens bolmakiesie slaan. Hoe op aarde gaan sy hom weerstaan?

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking