Skrywer van romantiese fiksie.

Woensdag 25 November 2020

Maak Kersfees feestelik hierdie jaar.

Die kommersialisering van Kersfees steek die meeste van ons dwars in die krop, want wat te erg is, is te erg. Maar na die tyd van inperking en al die ellendes wat die wêreld beleef het vanjaar, het ons nodig om te onthou dat die herdenking van die geboorte van ons Verlosser feestelik behoort te wees. Sonder om oorboord te gaan, kan ons iets spesiaals daarvan maak deur tyd deur te bring saam met geliefdes en vriende en net so ’n bietjie ekstra moeite te doen. Daar is geen beter manier om jou hartsmense te wys jy het hulle lief as om ’n spesiale ete voor te berei en ’n feestelike tafel te dek nie! Dit hoef nie oordadig te wees of duur te kos nie, maar met ’n bietjie ekstra moeite, kan jou feestafel hulde aan ons Skepper bewys. Hier is ’n paar idees wat maklik is om te doen en niks hoef te kos nie. Gebruik wat jy het!
’n Feesmaal wat nie die bank hoef te breek nie. Wat? Gerafelde varkblad?
Of jy wil praat van rafeltjievark, flentervark, gepluiste vark of pulled pork, hierdie manier van varkblad gaarmaak hou net lekker dinge in vir die vakansiekok. Hierdie gerafelde varkblad is ’n uitkyk op pulled pork wat deesdae groot modenuus onder die kosmense is. Dis baie tradisioneel in Noord-Carolina in die VSA, en ook gewild by die Italianers en in lande soos Thailand en Korea. Nie dat die konsep van gepluiste vleis iets uitlands nie – ons het rafeltjievleise in ons eie koskultuur, soos wildsvleis of ander beentjievleis wat stadig sag gekook word tot dit van die been afval. Jy kan ook ’n skaapblad so gaar maak dat jy dit met twee vurke uitmekaar uit kan pluis. Ons dink egter selde daaraan dat varkblad hiervoor ingespan kan word. Dis ideale warm-weer, buite-op-die-stoep-eet tipe kos. Kersdag-kos. Miskien kan jy vir ’n informele Kersete die gepluiste vark buffetstyl voorsit met ’n fabelagtige tuisgemaakte taaivinger BBQ-sous, sprietuie-pannekoekies en ’n verskeidenheid vulsels: koolslaai met mayonnaise, komkommer, tamatieskywe, slaaiblare, vars koljander, gerasperde wit cheddarkaas. Selfs ’n bietjie suurroom. Sagte broodrolletjies is my nommer een broodkeuse daarby, maar roosterkoeke, tacos of selfs pita is ook ’n goeie keuse. Poeding vir ’n koue Kersete BLACK FOREST TRIFLE
INGREDIENTS 1 box chocolate cake mix or any chocolate cake you prefer, 1 box chocolate mousse instant pudding mix, 2 cups milk, 1 tin cherries, 20 ml brandy, 500 ml cream whipped softly, chocolate curls/flakes. INSTRUCTIONS Preheat the oven to 180°C. Make the cake mix as per instructions on the packet. Bake according to package instructions, cool and slice into squares. Prepare the instant pudding mix, as per package instructions. Chill in the fridge for 30 minutes. Reserve the juice of the cherries. Mix together the cherries, brandy and remaining juice. TO SERVE Place half of the cake pieces in a bowl, then half of the cherry mix and 1 cup of the pudding mix on top. (You can also prepare individual servings.) Add 1 cup of the whipped cream. Repeat the layering, finishing with the cream on top. Add chocolate curls and fresh cherries (if possible) to decorate. Chill for 8 hours before serving. ’n Variasie:
SWARTWOUD KOEKSTRUIF 1 sjokolade rolkoek, 2 houers gladde roomkaas, 1 teelepel vanilla geursel, 1 koppie suiker, 1 groot blik swart kersies (dreineer sous), 1 sjokolade Flake, sprinkel neute (opsioneel), kersie likeur of sjerrie, 1 houertjie styf geklitste room. Sny sjokolade rolkoek in skywe en voer die bodem en kante van ’n mooi ronde nagereg glasbak tot bo uit. Sprinkel mildelik met likeur oor rolkoek. Klits in ’n bak die roomkaas, suiker en vanilla. Maak die blik kersies oop en dreineer die sap, hou ’n paar eenkant. Vou die res van die kersies deur die roomkaas, skep dit nou versigtig bo op rolkoek en maak mooi gelyk tot bo by die rante van die bak. Klits room tot styf en smeer bo-oor. Versier met ekstra kersies, neute en die Flake sjokolade. Plaas in yskas tot bedien.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking