Skrywer van romantiese fiksie.

Dinsdag 31 Augustus 2021

Nogtans sal ek jou liefhê, deur Magdaleen Walters – ’n resensie

Die romantiese fantasie is ’n splinternuwe subgenre wat Romanza onlangs vir die eerste keer aangepak het. Hierdie verhaal is die derde een en puik uitgevoer deur Magdaleen Walters. Sy het haar eerste fantasie oor die lewe van ’n weerwolf uitstekend in ’n heerlike romanse verweef. Ek hou van Magdaleen se skryfstyl wat die heldin van die Victoriaanse tyd se gedagtewêreld en gedrag geloofwaardig verwoord het. Die held word sterk, maar tog uiters sensitief, uitgebeeld en is genoeg om enige romanseleser se hart te laat vermurwe. Die verhaal het my aandag tot die laaste bladsy gehou en ek het elkeen met afwagting omgeblaai. Welgedaan, Magdaleen. Lesers wat oor ’n verbeelding beskik en oop is vir vernuwing in die Afrikaanse ontspanningslektuur, sal dit beslis ook geniet!

4 opmerkings:

  1. Klink my ek sal die ene ook moet gaan opsoek en lees!

    AntwoordVee uit
  2. Hierdie opmerking is deur 'n blogadministrateur verwyder.

    AntwoordVee uit
  3. Ek lees tans daaraan en geniet dit baie

    AntwoordVee uit
  4. Ek is net so mal oor Magdaleen se skryfstyl. Sal beslis die boek moet aanskaf.

    AntwoordVee uit