Dinsdag 15 Junie 2021
Romanza in GROOT DRUK!
Hier is sewe van my Romanzas wat nou in groot druk beskikbaar is vir lesers wat sukkel om gewone fontgroottes te lees.
Woensdag 19 Mei 2021
Tydloos – die heel eerste tydreisromanse in Afrikaans,
Is die Afrikaanse lesers gereed vir Fantasie? Ek was onlangs in Bargain Books en JA ’n yslike deel van die winkel is vol met rakke en rakke gepak met Engelse fantasieverhale. Wie koop en lees dit? Suid Afrikaners wat meestal Afrikaanssprekend is.
Lapa het ons gevra om te waag en hier is my eerste poging in die genre – ’n Tydreisromanse. Dis steeds ’n lekkerleesromanse, NIE wetenskapfiksie nie! My getroue lesers sal nie teleurgesteld wees nie, dis ’n gewone romanse met die tydreis slegs as agtergrond:
Moet sy teruggaan na haar eie tyd of haar hart volg? Juli le Roux word wakker in haar sitkamer, maar vind tot haar skok uit dis driehonderd jaar in die verlede tyd. Sy het op 'n geheimsinnige wyse plekke geruil met haar identiese oorgrootjie wie se naam sy dra. Om alles te kroon, erf sy nie net die vrou se identiteit nie, maar ook haar verloofde. Sy moet met Louis Rousseau trou om haar familie se erfenis te red. Louis Rousseau is bereid om sy belofte wat hy langs sy ou vriend se sterfbed gemaak het, na te kom, maar hy sien op na 'n leeftyd saam met Juliette vir wie hy niks voel nie. Die Juli wat hy egter nou leer ken, is allesbehalwe die vervelige meisie saam met wie hy grootgeword het. Sy is pure vrou, vol lewe en vurig van geaardheid. Juli het 'n groot besluit om te maak: Moet sy probeer teruggaan na haar eie tyd, of bly by die man op wie sy halsoorkop verlief is? Tydloos is Romanza se eerste tydreisverhaal. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch. Dit is 'n stomende verhaal met 'n paar unieke liefdestonele.
Sondag 16 Mei 2021
Dinsdag 09 Maart 2021
Skryf is baie soos hekel
Ek is net so lief vir skryf as vir hekel. Gewoonlik is ek met albei so om die beurt besig.
Wanneer jy ‘n boek beplan, begin jy met ‘n storie-idee. Om iets te hekel, het jy ook ‘n idee nodig van watter projek jy wil aanpak.
Vir jou storie het jy ‘n plot nodig en vir jou hekelwerk ‘n patroon.
Nou moet jy dit inkleur: vir jou hekelprojek kies jy die wol. Ha! Nou begin die pret, want ek kan mos nie ‘n bol wol weerstaan nie, so ek loop geen wolwinkel verby nie en nou het ek boonop inkopies op die internet ontdek. Ugh! Eina, my beursie!! Vir my is die lekkerste deel van die projek die beplanning en die rondspeel met idees en kleur. Vir skryf is dit feitlik dieselfde. Nou besluit jy op die karakters en die agtergrond van jou storie. Hier kan jy jou verbeelding vrye teuels gee en maak nes jy smaak!!
MAAR nou begin die groot werk, nou moet jy met jou boude op ‘n stoel gaan sit en jou wolkombersie steek vir steek of jou storie woord vir woord neerpen. Hierdie is die gedeelte waar vasbyt die enigste moontlikheid is, anders gaan jou projek onder in ‘n laai beland. Uiteindelik is die laaste woord/steek gedoen en jy sug verlig.
Daar is ‘n klop aan die voordeur en dis niemand anders nie as SKOONMA wat kom kuier en sy is ‘n ekspert haak-en-steker. Natuurlik mik sy reguit vir jou hekelmandjie, pluk jou harde werk onseremonieel daaruit en bekyk dit skreefogig en met pruimlippe. Sy vertel jou jy kon ‘n beter kleurskema gekies het en boonop is die wol nie geskik vir hierdie patroon nie. Sy verseker jou lostrek is die enigste uitweg en broodnodig as jy jou kombersie hoegenaamd wil red. Jy voel lus en gooi die ding in die asblik die oomblik wat sy haar rug draai. Jy doen dit ook en probeer van jou mislukking vergeet.
Jou skryfwerk is intussen uitgewers toe en lê vir maande by die keurders voordat jy iets hoor. Jy begin twyfel aan jou vermoë en kan sweer jy gaan nooit weer jou hand op die sleutelbord van ‘n rekenaar lê nie! Uiteindelik kom die verslag – BLOEDROOI van gemerkte foute en propvol kommentare oor hoe jy jou powere poginkie kan verbeter om dit enigsins aanvaarbaar te maak. Geen woord word gerep oor jou wonderlike taalgebruik of oulike openingstoneel nie, o nee, maar als wat jy verkeerd gedoen het word breedvoerig bespreek. Jy krimp ineen. Nou is jy DOODSEKER jy was mal om te dink dat jy ooit sal kan skryf.
Dis nou hier waar die ware hekelaars en die goeie skrywers van die wannabe’s geskei word: Dis einste hier waar jy tussen die vloer en die politoer uitkruip (met behulp van ‘n glas rooiwyn en ‘n vloermoer of twee) jou ego afstof, jou hekelwerk uit die asblik opdiep, jou storie weer ‘n keer oorlees en die spulletjie van voor af aandurf. Jy trek jou harde werk steek vir steek los en jy delete jou wonderlike poëtiese woorde een vir een terwyl jy kla teenoor almal wat wil (meestal die wat nie wil nie) luister en jy DOEN OOR. Met bloed en met sweet. Met tandegekners en met trane.
Uiteindelik is jy klaar en moet erken: Jou skoonma/verhaleredakteur weet seker wat hulle doen, want die eindproduk is … uhm … sowaar beter.
Saterdag 27 Februarie 2021
’n Nuwe boek oor die ouderdom wat wêreldwyd aandag trek
’n Baie wyse Sjinese skrywer, Zhao Daxin, het hieroor geskryf in sy roman, The Sky Gets Dark, Slowly. (Artikel voorgestel deur Sandra Engelbrecht)
Hier volg ’n kort opsomming van wat hy in hierdie uitstekende skrywe te sê het:
Zhou Daxin’s latest novel is a sensitive exploration of old age and the complex, hidden emotional worlds of the elderly in a rapidly ageing population.
In it he writes, “…Many elderly speak as though they know everything, but of old age they are in fact as ignorant as children. Many elderly are in fact, completely unprepared for what they are to face when it comes to getting old and the road that lays ahead of them.
In the time between a person turning 60 years old, as they begin to age, right until all the lights go out and the sky gets dark, there are some situations to keep in mind, so that you will be prepared for what is to come, and you will not panic.
1.
The people by your side will only continue to grow smaller in number. People in your parents’ and grandparents’ generation have largely all left, whilst many your peers will increasingly find it harder to look after themselves, and the younger generations will all be busy with their own lives. Even your wife or husband may depart earlier than you, or than you would expect, and what might then come are days of emptiness. You will have to learn how to live alone, and to enjoy and embrace solitude.
2.
Society will care less and less for you. No matter how glorious your previous career was or how famous you were, ageing will always transform you into a regular old man and old lady. The spotlight no longer shines on you, and you have to learn to contend with standing quietly in one corner, to admire and appreciate the hubbub and views that come after you, and you must overcome the urge to be envious or grumble.
3.
The road ahead will be rocky and full of pitfalls. Fractures, cardio-vascular blockages, brain atrophy, cancer… these are all possible guests that could pay you a visit any time, and you would not be able to turn them away. You will have to live with illness and ailments, to view them as friends, even; do not fantasise about stable, quiet days without any trouble in your body. Maintaining a positive mentality and get appropriate, adequate exercise is your duty, and you have to encourage yourself to keep at it consistently.
4.
Prepare for bed-bound life, a return to the infant state. Our mothers brought us into this world on a bed, and after a journey of twists and turns and a life of struggle, we return to our starting point – the bed – and to the state of having to be looked after by others. The only difference being, where we once had our mothers to care for us, when we prepare to leave, we may not have our kin to look after us. Even if we have kin, their care may never come close to that of your mother’s; you will, more likely than not, be cared for by nursing staff who bear zero relation to you, wearing smiles on their faces all whilst carrying weariness and boredom in their hearts. Lay still and don’t be difficult; remember to be grateful.
5.
There will be many swindlers and scammers along the way. Many of them know that the elderly have lots of savings, and will endlessly be thinking of ways to cheat them of their money: through scam phone calls, text messages, mail, food and product samples, get-rich-quick schemes, products for longevity or enlightenment… basically, all they want is to get all the money. Beware, and be careful, hold your money close to you. A fool and his money are soon parted, so spend your pennies wisely.
Before the sky gets dark, the last stretches of life’s journey will gradually get dimmer and dimmer; naturally, it will be harder to see the path ahead that you are treading towards, and it will be harder to keep going forward. As such, upon turning 60, it would do us all well to see life for what it is, to cherish what we have, to enjoy life whilst we can, and to not take on society’s troubles or your children’s and grandchildren’s affairs on for yourself. Stay humble, don’t act superior on account of your own age and talk down to others – this will hurt yourself as much as it will hurt others. As we get older, all the better should we be able to understand what respect is and what it counts for. In these later days of your lives, you have to understand what it means, to let go of your attachments, to mentally prepare yourself. The way of nature is the way of life; go with its flow, and live with equanimity.
For all of us, a nice read, very beautiful, very true!
Hardly the day started and it is already six o’clock in the evening.
Barely arrived on Monday and it’s already Friday.
… the month is almost over.
… the year is almost up.
… already 50 or 60 or 70 years of our lives have passed.
… we realize that we lost our parents, friends.
… we realize that it is too late to go back.
Let’s try to take full advantage of the time we have left. Let’s not stop looking for activities that we like. Let’s put colour in our greyness. Let’s smile at the little things in life that put balm in our hearts. And yet, we must continue to enjoy serenely the time that remains.
Donderdag 07 Januarie 2021
Proestukkie uit Somerson.
“Ruan, jy is soos ’n brak wie se tjank afgetrap is. Wat is dit? Ek dog dan als loop so mooi met die rooikoppie?” vra Jerrie waar hulle twee besig is om die perde te roskam.
Ruan borsel Satan se pels met sterk hale en huiwer ’n rukkie voordat hy antwoord. “Aan die een kant loop dinge reg, maar andersins loop als verkeerd.”
Jerrie laat sy borsel sak en frons. “Kom weer?”
“Wanneer ons saam is, is sy sag en warm in my arms, maar sy hou vol met haar storie dat sy wil terug Bloem toe.”
“Kan jy haar kwalik neem?”
“Nee, natuurlik nie, maar wat kan ek doen om haar hier te hou ... gelukkig hier te hou, bedoel ek. Haar besigheid is haar hele lewe.”
“As ek die saak so beluister, staan sy ’n baie goeie kans om haar besigheid heeltemal te verloor.”
Ruan sug. “Jip en sy wil niks weet dat ek haar finansieel help nie.”
Jerrie lag krakerig. “Natuurlik nie. Daardie ene is parmantig genoeg om die president homself te gaan aanvat oor die lockdown.”
“Ja, hy sal nie weet wat hom getref het nie, sê ek jou. Jy moes haar gisteraand gehoor het toe hulle sy toespraak weer ’n keer gebeeldsaai het. Toe sy hoor die lockdown is verleng, was sy eers ontsteld, maar nou is sy woedend. Sy gee om vir haar mense wat dalk hul werk kan verloor.”
“Selma sê dis vir haar so lekker om so saam-saam naaldwerk te doen met die dat hulle die kussinkies en goed maak op jou ouma se masjien. Dis vir haar soos toe jou ouma nog gelewe het,” vertel Jerrie.
“Ek weet niks van naaldwerk nie, maar die goed wat hulle maak, is baie mooi.”
“Netso. Dit lyk mos vir my haar hande staan vir niks verkeerd nie. Sy vat eenvoudig ’n ding en doen hom. As sy die kans kry, help sy nog vir Selma met die huiswerk ook. Kyk nou net hoe mooi lyk die huis al klaar en dit sonder al die winkelgoed wat sy in die stad gewoond is om te kry.”
“Wat sê jy nou eintlik vir my, Jerrie?”
Jerrie beduie met sy borsel in die lug. “Dat jy onnosel sal wees om haar terug stad toe te laat gaan. Wat het geword van ’n boer maak ’n plan?”
Ruan lag. “Hierdie boer het al sy kop suf gedink, maar Sabrina hou voet by stuk. Sy wil teruggaan om haar besigheid te red.”
“Maar jy het so ’n slag met moeilike perde, hoe is dit dan nou dat jy nie hierdie een vosperdjie kan laat kopgee nie? Het jy nou jou famous slag verloor?”
“Miskien het ek tog nie my slag verloor nie. Wat daarvan as ons ’n plan maak om haar besigheid hier te kry?” spreek Ruan ’n gedagte wat al ’n rukkie in sy agterkop broei, hardop uit.
“Hoe sal ons dit regkry? Hier is nie genoeg mense met geld vir mooimaakgoed vir hulle huise nie. Almal kry swaar na die droogte en nou boonop nog die lockdown ook.”
Ruan se oë vernou terwyl hy aanhou om ritmies te borsel. Satan se oë trek skoon toe van lekkerkry. “Sy weet nie dat ek die e-pos gesien het nie, maar sy het ’n aanmaning gekry oor die huur van haar werkwinkel nie verlede maand betaal was nie. Sy het seker die geld gebruik om eerder haar mense se salarisse mee te betaal.”
“H’m. Dit beteken as sy dit hierdie maand weer doen, hulle haar dalk daar sal uitskop?” bespiegel Jerrie.
“Einste. Ek wou help, maar sy weier. Nou wonder ek of ons nie haar werkwinkel se inhoud hierheen kan verskuif nie. Netnou konfiskeer hulle dit om haar skuld te dek. Ons het baie spasie hier in die buitegeboue wat ons nie eintlik benut nie.”
“Jis! Dis mos nou ’n bul van ’n boereplan.”
“Ek dink ook so, maar sal sy? Sy vertel my heeldag sy soek nie ’n ridder op ’n wit perd om haar te red nie.”
Jerrie blaas ’n asem hard uit. “Ek sien jou problem. Jy sal dit maar net moet laat lyk asof dit nie ’n poging is om haar te red nie. Sy moet dink dit was haar eie idee en dit sal ’n bleddie goeie idee moet wees.”
Ruan kam Satan se maanhare. “Die eintlike vraag is nou: sal die verskuiwing van haar toerusting hierheen haar enigsins help?”
Jerrie leun teen sy perd se buik. “Miskien moet ons Selma se hulp inroep. Daai ene het ’n brein soos ’n slagyster. Sy kan plannetjies beraam wat skrik vir niks. Vra vir my.”
“Soos die keer toe sy wou Kaap toe vir Kersfees en jy wou nie?” vra Ruan laggend. “Maar sy het gekry wat sy wou hê. Sy het jou sowaar oorreed om vir die eerste keer in jou lewe in ’n vliegtuig te klim. Jy het my nooit vertel presies hoe sy jou afgepers het nie?”
Jerrie lag verleë. “Jy wil nie weet nie. Al wat ek weet, is die liefde maak dat onse manne snaakse dinge aanvang.”
Ruan lag sy ou maat nou openlik uit. Dan versober sy gesig weer. “Ek sê vir jou, ek is bereid om enigiets te doen om haar hier te hou. Vra asseblief vir Selma of sy vir my enige raad het.”
Teken in op:
Plasings (Atom)