Skrywer van romantiese fiksie.

Vrydag 21 Junie 2019

Koffiekultuur

Al wat leef en sy maat is skielik gaande oor koffie. As jy nie ’n koffieverslaafde is nie, is jy nou heel uit die mode. In die stede maak niemand omtrent meer hul eie koffie nie, dit moet ’n dubbele mokka-chokka-latte-gedoente met pypkaneel of karamel op die koop toe wees. Die sokkermammas kuier van die een koffiewinkel na die ander terwyl hulle wag dat die skool uitkom. Om koffie te kan maak, het jy nou ’n barista sertifikaat nodig. Jy moet daai koffie kan klits, meng, skommel, roer en skink, ou boeta! Boonop moet jy geoefen wees in koffiekuns – dis nou daai prentjies wat jy in die skuim teken. ’n Barista kursus is glo ook nie kinderspeletjies nie. Vir drie dae lank leer jy by die Barista Akademie in Johannesburg alles van koffiemaak vir ’n hele R3 800.
MAAR is koffie dan nie maar net koffie nie? Vra jy wat lippe het! Gewone Boeretroos uit ’n blikbeker bly mos maar die beste, of hoe? Blykbaar nie – dis nou volgens die koffiekenners. Hulle reken daar is baie meer aan koffie maak as net water kook, skink en roer. Jy moet jou koffie KEN!!

7 opmerkings:

  1. 'n Lekker koppie koffie op een van jou stoepe!!!!

    AntwoordVee uit
  2. Koffie is die lekkerste boeretroos

    AntwoordVee uit
  3. Koffie is verseker my gunsteling Madelie! Ek het soggens ten minste twee sterk koppies Nescafé nodig voor ek aan die gang kom en daardie stoep lyk amper soos myne in Vrydag... ń moet vir elke leser in my opinie. Die winter sonnetjie, koffie en een van jou storie boeke, dis die perfekte plekkie vir my.

    AntwoordVee uit
  4. Jy moet lekker kuier op jou stoep, Jenny. Hoop jy het baie ure se leesgenot daar.

    AntwoordVee uit